Op 6 Julie 2019 voel Rooimier dat dit tyd is om iets oor Caster Semenya te sê


Caster Semenya is al van skooldae af ‘n uitstaande atleet in die middelafstande! Deesdae is sy verseker SA se steratleet! As die 2009 Wêrelkampioen in die 800m, as die 2016 Olimpiese Spelekampioen in die 800m en toe weer in 2017 die Wêreldkampioen in die 800m,  is dit veilig om te sê dat SA nog nooit haar gelyke op die atletiekbaan gesien het nie!

Ongelukkig is Semenya nie net bekend vir haar atletiekprestasies nie, sy is ook die simbool vir damesatlete met ‘n verhoogde testostoroonvlakke – en sy is nie die enigste vroue-atleet in atletiek wat aan die toestand ly nie. Vir van u wat nie weet wat testostoroon is nie, net die volgende: dit is die primêre manlike sekshormoon en ‘n anaboliese steriode. Dit gee spier- en beenmassa aan die atleet.

So, ja, vroue-atlete wat aan die toestand ly, het ‘n voordeel wanneer dit by fisieke prestasies kom! MAAR aan die ander kant – en iets wat soms uit die oog verloor word – is dat atlete soos Semenya niks gedoen het om haarself hierdie voordeel te “gegee” het nie…sy is so gebore! En tog is sy ‘n vrou! Dus is sy ‘n vrou, wat gebore is met verhoogde manlike hormone. Sy het geen skuld hieraan nie!

Nou stamp sy koppe met die Wêreld Atletiekliggaam (voorheen bekend as die IAAF). Die wil hê dat Semenya medisyne moet drink om haar testostoroonvlakke af te bring tot by ‘n meer aanvaarbare vlak. (Onthou dat alle vrou wel oor testostoroon beskik, net in baie kleiner hoeveelhede as Semenya) Nou word sy “gestraf”, maar sy het nie skuld nie! Ook weet ons nie regtig wat die onbedoelde gevolge vir Semenya se gesondheid sal wees as haar hormoonvlakke kunsmatig verlaag word nie!!

…en hierin lê die dilemma: Caster is nie “siek” nie! Hoe kan sy gedwing word om medisyne te gebruik omdat sy aan ‘n natuurlike toestand ly?! MAAR aan die ander kant: sy het wel ‘n voorsprong op die ander vroue-atlete op die atletiekbaan! Dit is Wêreld Atletiek se mandaat om die speelveld vir almal gelyk te maak – hulle wil die ander vroue-atlete beskerm. Dus moet Semenya haar testostoroonvlakke of afbring of ophou met atletiek Of minstens in ‘n ander atletiekitem, waar haar voorsprong nie so sterk is nie, meeding!

“She is between a rock and a hard place” Rooimier kry haar jammer!